

 
|
Mosterdsaadjie Voedingsprojek ontvang geen hulp van die staat nie en daarom is ons totaal en al afhanklik van die publiek/ besighede vir donasies op ‘n aaneenlopende basis.
Ons benodig tans enige donasies hetsy dit kontant, nie-bederfbare voedsel, vleis, suiwel of groente en vrugte is.
Klere, speelgoed en selfs meubels is ook altyd welkom. Teen die einde van elke jaar beoog ons om ‘n paar
geskenkies ook te kan uitdeel aan die gesinne, kindertjies en oumense.
Help ons asseblief vandag om mense se geloof te bou en hulle weer hoop te gee wanneer dit vir hulle voel asof daar geen uitkoms is nie.
Vir die van u wat reeds donasies gegee het, wil ons net baie dankie sê vir elke bydrae tot dusver.
Dankie ook vir elke gebed en elkeen se hulp met ons projek.
Sonder u hulp sou daar soveel meer armoede, hartseer en pyn wees.
Ons bid God se seën af oor u en weet dat die hande wat gee, nooit leeg sal wees nie.
Daar is geen groter beloning as om die dankbaarheid te sien op hul gesigte wanneer ons kospakkies, klere en selfs meubels en ander huishoudelike inhoud gaan afgee nie. Tot dusver kon Mosterdsaadjie reeds 3 gesinne se huise ten volle meubileer, van 'n teelepel tot by 'n sitkamerstel en alles tussenin!
|
|