Vier die Eerste Waterblommetjiefees in Mosselbaai – 6–7 September 2025

Mosterdsaadjie Voedingsprojek is n nie-winsgewende organisasie wat geen hulp van die staat ontvang nie. Tans gee ons vir 55 gesinne ‘n maandelikse kospakkie en ons kos kaste is bietjie leeg. Ons het n geleentheid gekry om hierdie Saterdag en Sondag by die Waterblommetjie fees by Hart en Bosch ‘n Gazebo op te sit en al die Wit Olifante wat ons kan kry te verkoop en sodoende fondse in te samel om ons liefdestaak te volhou. Ons het almal iets wat net stof opgaar in ons huise en ons is meer as bereid om dit te kom afhaal by mense wat bietjie minder afstofwerk sal waardeer 😜
Kontak asb vir Marietjie by 083 686 6956 en ons kom tel dit op by julle. Baie dankie byvoorbaat vir elkeen wat bereid is om ons te kan help.

https://waterblommetjiefees.co.za

Leave a Reply