Meer omtrent Ons…

Mosterdsaadjie Voedingsprojek is gedurende 2017 gestig nadat dit onder ons aandag gekom het dat die behoeftes onder ons bevolking by die dag groei. Ons is ‘n geregistreerde NPO wat minder bevoorregte en hawelose mense in die Tuinroete voorsien met voedsel, klere, ens. Kontant donasies word aangewend vir “pre-paid” elektrisiteit asook om vir hawelose mense se slaapplek te betaal in ‘n veilige hawe. 

Mosterdsaadjie ontvang geen hulp van die staat nie en daarom is ons totaal en al afhanklik van die publiek/ besighede vir donasies op ‘n aaneenlopende basis. Ons verwelkom enige donasies, hetsy dit kontant, nie-bederfbare voedsel, vleis, suiwel of groente en vrugte is.. Speelgoed en selfs meubels is ook altyd welkom, Ons het al ‘n hele paar gesinne, wat alles verloor het, gehelp om weer basiese goedjies bymekaar te maak. 


Ons Span