Mosterdsaadjie Voedingsprojek skop elke jaar af met die “Back to School” Projek waar ons skryfbehoeftes, tasse, skoene en ander benodigdhede. insamel. vir minder bevoorregte kinders.

“Donate a Blanket” is ons Winter Projek dan samel ons komberse, kussings en ander beddegoed in. Ons probeer ook mussies en slaapsokkies vir die gesinne brei/ hekel en het altyd vrywilligge hande nodig om ons te help daarmee.

Dan kom ons by ons grootste Projek van die jaar, dis die “Adopt-a-Family” en “Blessing-Bag” Projek. Aan die einde van elke jaar stel ons gewoonlik n lys saam met elke gesin se stokperdjies, behoeftes en voorkeure. Daarvolgens probeer ons om die beste moontlike geskenkies vir hulle te gee saam met hulle Bonuspakkie wat produkte insluit wat ons nie deur die jaar vir hulle kon gee nie. Op so ‘n manier kan ons die jaar op ‘n hoë noot afsluit.

